GEORGE NUUS - Die George-polisie is op soek na 'n man wat na bewering Saterdagoggend 'n huis in Davidsonweg, sonder toestemming, betree het. Die klaagster (27) het aan die polisie gesê sy was besig om voor te berei vir werk toe sy die man in haar huis gewaar.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, kapt. Nolonwabu Tshengu, het die verdagte die vrou genader waarna hy te voet gevlug het toe sy skree.
Indien enigiemand inligting rondom die voorval het word hulle gevra om die ondersoekbeampte, konstabel Ryno Blignuat, by 044 803 4715 of Crime Stop by 086 0010 111, te skakel.
'n Saak van huisbraak word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'