Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Nooddienste is tans op 'n toneel in Ribbokstraat in Denneoord waar 'n huis vanoggend in puin gelê is.
Geen ander geboue is in gedrang nie.
Die vuur is onder beheer.
Die ontstaan van die brand is nog onbekend.
Die George Munisipaliteit versoek dat inwoners en motoriste die area vermy.
Kyk 'n video hieronder.
Die brandweer is op die toneel.
Die huis is in puin gelê.
Die eienaar van die woning sê honde, Shelly en Shrek, kon deur brandweerlede uit die huis gered word. Hier is Hein de Jongh met Shelly, kort na sy uit die huis gered is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'