GEORGE NUUS - “Die matriekklas van 2022 is almal heroes (italics).” Só sê Kobus Koekemoer, die skoolhoof van HTS Eden, in sy gelukwensing aan die skool se matrieks. Die skool het ‘n 81.4%-slaagsyfer behaal.
“Ek wil aan elkeen baie geluk sê. Hulle het onder moeilike omstandighede die afgelope drie jaar, met Covid en beurtkrag, bly vasstaan en ek is tevrede met ons slaagsyfer.”
Precious Xego is aangewys as die skool se topleer, met Natasha Pedro in die tweede plek en Usisipho derde.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'