GEORGE NUUS - Tydens die 'Hope for the Journey'-konferensie het belanghebbendes koppe bymekaargesit oor die beginsels van hoe om met kinders te werk asook mense wat trauma in hulle lewe ervaar het of mense met ’n moeilike agtergrond.
Dit is onder die vaandel van die YFC Options-sorgsentrum in samewerking met Stellios’ Ruby Havens op 21 en 22 Mei by Tramonto aangebied. Die geleentheid is deur 90 mense bygewoon.
Volgens die organiseerders het die konferensie gefokus op die 'Principles of Connection, Empowering and Correcting'.
Onder diegene wat dit bygewoon het was aanneem- en pleegouers, maatskaplike werkers, vroeë kinderonderwys praktisyns, biologiese ouers, jeugwerkers, beraders asook ander professionele persone van George (en selfs vanaf Bredasdorp).
Dit is in 'n video-onderrig formaat aangebied wat vervaardig is deur Show Hope in die VSA.
Van die deelnemers het dit as 'n leersame ervaring beskryf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'