GEORGE NUUS - Die Hervormde Kerk in George nooi almal uit na hul jaarlikse basaar op Saterdag 5 Oktober. Hierdie geleentheid beloof om 'n dag vol pret en vermaak te wees, met 'n verskeidenheid items te koop en aktiwiteite vir die jeug.
Besoekers kan uitsien na 'n wye reeks vleisprodukte en vars groente om huis toe te neem. Daar sal ook heerlike kerrie-en-rys, pannekoeke, en ontbyt-croissants beskikbaar wees.
Vir diegene met 'n soettand, is daar 'n groot verskeidenheid koeke om saam met 'n koppie koffie of tee te geniet.
Moet ook nie vergeet om 'n draai by die naaldwerktafel te maak nie. Die kerk is geleë in 3de Straat, Bergsig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’