HEROLD NUUS - Gerugte dat die skool sou sluit het die gemeenskap en ouers van Franken VGK Primêr op Herold moeilik en onrustig gehad. Daar is gister, 13 Januarie, ‘n vergadering in die kerksaal gehou om die gerugte hok te slaan.
Verteenwoordigers van die WKOD, die kerk, skool asook politieke leiers en George-munisipaliteit het die vergadering bygewoon. Ouers se gemoedere het hoog geloop omdat daar reeds verlede Woensdag verskille tussen ouers, die skool en kerk was.
Bekommerde ouers wou weet hoekom hulle laaste moes uitvind dat die plaaslike skool sou sluit of dalk verkoop gaan word. Blykbaar het gerugte op sosiale media asook op radio, die waarheid vooruitgeloop.
Ouers het ook probleme met die nuwe eienaar van die grond, Theo Adams.
Basil Myners van die Instituut vir geregtigheid en versoening, het gister se vergadering gefasiliteer. Hy sê die vergadering is aangevra deur die skool se ouers. Koos Eksteen, WKOD-kringbestuurder, sê daar was ‘n kontrak wat tot ‘n einde gekom het.
Basil Myners van die Instituut vir geregtigheid en versoening het die vergadring fasiliteer.
'“Ons wil voortgaan daarmee, maar wag vir antwoorde van die kerkraad.”
Die kerk sê weer daar is ‘n paar probleme wat uitsorteer moet word voor die nuwe kontrak geteken kan word.
Lees meer hieroor in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Herold, Tuinroete nuus'