GEORGE NUUS - 'n Bekende inwoner van George, Hennie van Zyl (71) is verlede Vrydag, 3 April oorlede.
Hy is die eggenoot van Aletti van Zyl, 'n voormalige lid van die George-stadsraad. Van Zyl was baie betrokke by gemeenskapswerk en 'n bekende sakeman.
Volgens Aletti was hy voor sy afsterwe lank siek gewees is en is onlangs met pankreaskanker gediagnoseer.
Hy sal tydens 'n privaat geleentheid veras word en na die inperking sal 'n gedenkdiens gehou word. Benewens sy vrou, word hy ook oorleef deur 'n seun en 'n dogter en hul gades en vier kleinkinders.
Abrie de Swardt, 'n jare lange vriend, het Van Zyl beskryf as 'n briljante sakeman. Hy was ook onder meer voorsitter van die plaaslike sakekamer en het ook lank in die George-mannekoor gesing. De Swardt het gesê as borg het Van Zyl baie vir sport beteken en ook skole gehelp.
Alewijn Dippenaar, wat Van Zyl goed geken het, sê hy was 'n besonderse vriend.
"Die afsterf van Hennie het die wete gebring dat Aletti nou alleen is in hierdie tyd en dit bring 'n diep hartseer, want niemand moet alleen wees in hierdie tyd nie."
Hennie van Zyl (71)
Well-known resident and businessman, Hennie van Zyl (71), passed away last Friday, 3 April. He was married to former George councillor Aletti van Zyl. A memorial service will be held after the lockdown has ended.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'