GEORGE NUUS - Inwoners van George word genooi om by te dra tot hulp vir die Vrystaatse boere wat onlangs deur verwoestende veldbrande geteister is.
“Ons beplan om ‘n 14ton-vragmotor met voorraad vir die boere Saterdag 31 Oktober na Boshof in die Vrystaat te stuur,” sê organiseerder, Natasha Liebenberg.
Die volgende items word benodig:
- Water
- Voer vir diere
- Nie-bederfbare produkte
- Toiletware
Enigiemand wat wil bydra kan die nodig items by Grocery Express in Hoopstraat aflewer of vir Liebenberg by 087 148 9739 skakel om te reël dat dit opgetel word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'