GEORGE NUUS - Conville- en Thembalethu-polisiestasies vra die publiek se hulp om die naasbestaandes van twee onbekende oorledenes op te spoor.
Op Saterdag 21 Desember 2024 is die polisie na die N2 naby die afrit na Pacaltsdorp ontbied, waar ’n voetganger deur ’n voertuig getref is. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en het in die hospitaal gesterf.
Die man is in sy twintigs, weeg ongeveer 55 kg en het ’n geel hemp en groen broek aangehad.
Enigiemand met inligting wat die polisie kan help, word gevra om konst. Thandiwe Plaatjie by 044 803 3347 of 083 579 5908 te kontak.
Die liggaam van nóg ’n man is ook in Desember verlede jaar in ’n oop veld naby die Thembalethu Primêr gevind.
’n Lykskouing is reeds uitgevoer, en geen misdaad word vermoed nie. Die man het ’n wit hemp en swart broek aangehad.
Enigiemand met inligting word versoek om adjudant-offisier Lucy van Rensburg by 044 802 8906 te skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’