Gallery
GEORGE NUUS - Heidedal Primêr het onlangs opleidingsessies vir leerders se ouers en grootouers gehou om die gaping te oorbrug tussen die ouer garde se skoolervarings en die realiteit van vandag se klaskamers.
In beide sessies is ouers en grootouers se aandag daarop gevestig om gewone huishoudelike aktiwiteite te omskep in geleenthede om die kind te leer.
Die gr. 3-sessie het ouers ingelig wat om van ‘n gr. 3-leerder te verwag en hoe om hulle tuis te ondersteun.
Ouers is aangemoedig om kinders tuis te laat lees en om seker te maak hulle verstaan wat hulle lees deur hulle uit te vrae oor die teks.
Tydens die Gr. R se Oupa- en oumadag is waardering getoon vir die ondersteuningsrol wat grootouers in kleinkinders se lewens speel.
Heidedal-leerkrag, Zannelise de Waal, het die oupas en oumas praktiese wenke gegee oor hoe om alledaagse items in te span om die kleinspan se motoriese vaardighede te ontwikkel deur onder andere te speel met tuisgemaakte klei.
Die gasspreker, pastoor Christo Alexander, het die wyse gryses ook met eetgoed bederf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'