GEORGE NUUS - Die groot opofferings wat gesondheids-werkers in die tyd van Covid-19 maak, word deur leerlinge van Heidedal Primêr in Borcherds raakgesien.
Hulle het dankiesêplakkate gemaak wat hulle van voornemens is om later aan gesondheidsinstellings soos hospitale te oorhandig.
Die skool is deeglik bewus van die hartseer wat Covid-19 bring want sy hoof, Irvin Scheepers, het in Desember as gevolg van Covid-19 gesterf. Die gr. 3-, 5-
en 7-leerlinge, wat betrokke was by die maak van die plakkate, het ook hulde aan hul ontslape hoof gebring.
Jerome Syfers, onderwyser by die skool, het tydens George Herald se besoek gesê die leerlinge het gesien dat die gesondheidswerkers onder baie druk is.
Hy het die idee, om die dankiesêplakkate te maak, verlede kwartaal gekry. Dit het die steun van die waarnemende hoof, Dudley Schoeman.
Leerlinge en onderwysers van Heidedal Primêr met die plakkate.
Volgens Syfers is van die leerlinge se familie en vriende self gesondheidswerkers en hulle besef deeglik waardeur hulle gaan. Syfers se vrou is self in die gesondheidsberoep. Die leerlinge het self die plakkate gemaak en dit het hulle twee tot drie dae geneem.
Die plakkate word veral nou as belangrik beskou aangesien daar sprake is van 'n derde vlaag. "Ons kinders besef die erns van die pandemie," het Syfers gesê.
Een van die plakkate wat die leerlinge van Heidedal Primêr gemaak het.
Een van die plakkate wat die leerlinge van Heidedal Primêr gemaak het.
Een van die plakkate wat die leerlinge van Heidedal Primêr gemaak het. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'