GEORGE NUUS - Dinsdag 21 Maart was Internasionale Downsindroomdag, en om dit te vier het die kleuterskooltjie Heeltyd Speeltyd ouers met Downsindroom-kinders genooi om saam met hulle te kuier.
Leerders van Up with Downs en Carpe Diem het ook by die viering aangesluit. Minke Janse van Rensburg, die houer van vier ope wêreldrekords, was ook daar om die bederf vanaf die ouers en skool te geniet.
Natuurlik het die kleuters van Heeltyd Speeltyd al te lekker saam gekuier.
Op Maandag 20 Maart is die skool opgehelder met blou en geel ballonne, en almal het heerlik saam gekuier rondom snoepgoed wat kolwyntjies, aartappelskyfies en roomys ingesluit het.
Dit was nie die eerste keer dat Heeltyd Speeltyd uitgereik het na die gemeenskap nie. Op 14 Februarie is al die Carpe Diem-leerders, die inwoners van Huis J J Watson sowel as die leerders van Up with Downs met heerlike kolwyntjies bederf.
By Heeltyd Speeltyd leef hulle die slagspreuk van Downsindroom-kinders, "Just count me in", ten volle uit.
Nasionale Downsindroomdag word saam met Up with Downs-leerders en ander families met Downsindroom-kinders by Heeltyd Speeltyd gevier.
Hulle is ook betrokke by projekte soos ouerleidingkursusse. Daar word juis op 20 Mei 'n baie goeie kursus by NG Kerk George-Suid aangebied.
Onderwerpe soos jou kind se emosionele welstand, 'n gelukkige gesin en dissipline word oor gepraat. Belangstellende ouers is welkom om die skool te skakel vir meer inligting of om sommer kaartjies te kom koop.
Heeltyd Speeltyd-eienaar Aletta Janse van Rensburg met Kara de Lange op haar skoot.
'n Heeltyd Speeltyd opvoeder met een van die kleuterskool se leerdertjies, Janco Erasmus.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’