GEORGE NUUS - Dr. Tienie van Staden het Saterdag 28 Oktober die tree gegee na sy ewige bestemming.
Sy lewe was 'n getuigskrif van die liefde en genade van Jesus Christus en hy het geleef vir die bediening en vir sy geliefdes.
Saam met die hartseer is daar ook die blydskap van 'n seker wete. Hy is by Jesus. Hy is waar elke kind van God graag sal wil wees.
Terwyl hy getrou die boodskap uitgedra het van gereed wees om met jou Saligmaker te ontmoet, het hy nou vooruitgegaan om saam met sy Verlosser te wees.
Vir die wat agter bly, is daar 'n leemte en 'n groot gemis.
Gebede gaan uit na sy eggenote, Carol en familie.
Dr. Tienie van Staden, gaan gemis word. Kollegas by Heartbeat FM gaan jou mis.
Maar hulle jubel saam met jou in die Here en is dankbaar vir elke boodskap, vir elke gebed en vir elke uitreik van die hand en van liefde in duisende mense se lewens wat u met u bediening bereik het.
Woorde is vandag min en ontoereikend. Rus sag in die Here.
Die roudiens geskied vanuit die AGS Soteria in Victoriastraat, George op Dinsdag 31 Oktober om 15:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'