Gallery
GEORGE NUUS - Heartbeat FM het op Dinsdag 29 Mei hul vierde bestaansjaar gevier deur hul splinternuwe radiostasie 107.4 FM in Oudtshoorn te open.
Op 2 Junie het hulle hul verjaarsdag in styl in die George-burgersentrum.
Click here for a photo gallery.
Vir Avril Ahrend en sy vrou Chlorida was die oomblik 'n droom wat waar geword het. Die afgelope vier jaar was die radiostasie nog konstant vir 24 uur, sewe dae 'n week op die lug.
Luisteraars van oral was ingeskakel om die groot dag in styl op hul Christelike radiostasie te deel.
Michael Lindt was die gaskunstenaar met omroepers biskop Henry McCombie en Peter Jaftha wat die gaste met pragtige sang vergas het.
Elzet Mcarthy en Nerene Avontuur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'