Update
GEORGE NUUS - 'n Inkopieuitstappie het Woensdagmiddag, 21 Februarie tragies geëindig toe 'n motoris in die parkeerarea van die Precap-winkelsentrum in Courtenaystraat aan 'n hartaanval oorlede is.
Peet Lubbe (53) is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
"Ons is baie dankbaar teenoor die personeel van ER24 en besighede in die winkelsentrum wat almal uit hul pad gegaan het om te help," het sy stiefdogter, Lusinda Engelke, aan die George Herald gesê.
Lubbe en sy vrou, Rita, was op pad om inkopies te doen toe hy weens 'n hartaanval beheer oor sy motor verloor en in 'n baksteenpilaar voor Pick n Pay vasgery het.
Sy vrou het ligte beserings opgedoen.
Niemand anders was in die ongeluk betrokke nie.
Hy laat sy vrou en sy suster, Alida Lubbe, agter.
'n Blommekrans ter ere van Peet Lubbe is die dag na sy hartaanval teen die pilaar by PnP opgesit. Foto: Kristy Kolberg
'n Privaat roudiens is Sondag 25 Februarie by Palmir Home in Heatherlands gehou.
Lees 'n vorige artikel: Motoris sterf aan hartaanval
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'