Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Minstens 400 mense het Sondagmiddag, 29 Oktober, 'n koppie tee gedrink vir die Cuppa for Cansa-veldtog wat by die Pacaltsdorp-burgersentrum aangebied is.
’n Gesellige atmosfeer het tydens die geleentheid geheers.
Elize Myners, voorsitter van die Pacaltsdorp Cuppa, sê die groot getal mense wat opgedaag het, het haar verwagtinge oortref.
Dit was voorwaar goed om te sien hoeveel mans en tieners die Cuppa for Cansa bygewoon het.
Sue Pyler, bekende radio-aanbieder van Middag op RSG en TV-persoonlikheid, was die gasspreker tydens die geleentheid.
Pyler se motiveringspraatjie het die gehoor aangemoedig om aan te hou droom en die geduld van 'n goeie luisteraar te beoefen.
New Dawn Park Primêr het 'n tjek aan Kansa oorhandig. Van links is Meagan Horne, Veronica Terblanche (Pacaltsdorp Cuppa se finansiële bestuurder), Ranthy Petersen en Robert Grootboom (New Dawn Park-skoolhoof).
Met die einde van borskanker maand wat nader kom, het Pyler ook mense daaraan herinner dat soveel mense geraak word deur kanker en dat Cuppa for Cansa een van Kansa se inisiatiewe is om voortdurend kankerpasiënte te ondersteun.
Kyk 'n video hier:
Pyler bedank Tinus en Lilibet Nel van Solo-motorhuur op Mosselbaai wat vir haar 'n motor gehuur het tydens haar verblyf in George.
Die fondse wat tydens die Cuppa for Cansa ingesamel word sal aan Kansa geskenk word vir akkommodasie wat hulle vir ses weke aan pasiënte bied wat van vêr kom vir hul behandeling.
Pacaltsdorp Cuppa for Cansa se vrywilligers het 'n suksesvolle byeenkoms beplan. Van links: Minette van Zyl (Kansa), Susan Williams, Sylvianna Ohlsen, Elize Myners (Pacaltsdorp Cuppa-voorsitter), Sue Pyler, Emily Louw, Mara River, Sheila Williams, Lill Kiewitz en Veronica Terblanche.
Kansa is 'n nie-winsgewende organisasie wat steun en inligting bied aan persone met kanker.
ARTIKEL: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-INTERNIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'