GEORGE NUUS - Ná 'n baie suksesvolle program die afgelope twee jaar, het GO GEORGE pas begin met nog 'n ronde skoolbesoeke om gr. 8-leerders wat die busdiens gebruik in te lig oor hul verskillende roete-opsies.
Skoolkinders is 'n belangrike komponent van die passasiers wat daagliks die GO GEORGE-busdiens gebruik.
"Hoewel die meeste teen dié tyd goed weet hoe om by die skool uit te kom, mag dié wat vanjaar hoërskool toe is dalk nie bewus wees van die verskillende roetes en oorklimpunte wat beskikbaar is om hulle na hul nuwe skool te vervoer nie," sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder.
"Ons sien leerders wag vir busse wat heel waarskynlik reeds vol sal wees wanneer dit hulle bereik, terwyl ander, geriefliker roetes beskikbaar is op die netwerk van roetes wat die verskillende areas van die dorp verbind."
'n Unieke kaart wat die verskillende opsies skool toe en terug huis toe uitbeeld, is vir elke skool saamgestel en word uitgedeel en bespreek met die jong passasiers tydens 'n besoek van die GO GEORGE-kommunikasiespan.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'