GEORGE NUUS - Die lenteseisoen van die etensuurkonserte in die Moedergemeente, geborg deur George Surgical Centre, begin weer in September met 'n twee-klavieruitvoering deur Dalene Steenkamp-Brits en Kaléne Roux.
Die program sluit werke van Bach, Mozart en Milhaud in. Die konserte, waar slegs 'n donasie vir die kunstenaars gevra word, vind elke Woensdagmiddag tussen 13:10 en 13:50 plaas.
Die volgende konserte in die reeks word beplan:
• 5 September - Twee-klavier uitvoering met Dalene Steenkamp-Brits en Kaléne Roux
• 12 September - Holy Cross Musiekdepartement – soliste, ensembles en kore
• 19 September - Liederkonsert met Elisabeth Potgieter, Heinrich Jonck, Elize Munro en Dalene Brits
• 26 September - Klaralt-trio Elize Munro (klarinet), Ingrid Robertson (altviool) en Dalene Steenkamp-Brits (klavier)
• 3 Oktober - Harp- en fluitkonsert met Olga Bosman en Ruan van der Vyver
• 10 Oktober - Orrel- en klavieruitvoering met Gerrit Jordaan en Dalene Steenkamp-Brits.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'