Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Meer as 150 mense het vanmiddag 'n stukkie geskiedenis beleef toe die gewilde sangpaar Innes en Franna Benadé in die NG Moedergemeente opgetree het.
Dit was hul eerste openbare optrede in 20 jaar. Die geleentheid was ten bate van Huis JJ Watson.
Dis 'n lang pad wat die broers van die voormalige Nylstroom geloop het. Terwyl hulle daar op skool was het hulle by die Vroue Landbou-unie opgetree waar hul ma Sue betrokke was. Tannie Sue was vanmiddag teenwoordig. Sy het na die tyd gesê sy is baie trots op haar seuns.
Innes se een seun, Erik, het ook opgetree. Greta, Innes se eggenoot het klavier begeleiding verskaf.
Anneli van Rooyen, bekende sangeres van weleer was ook teenwoordig.
VIDEO - Innes en Franna tree weer op. Video: Eugene Gunning
George Herald joernalis Eugene Gunning (heel regs), saam met Anneli van Rooyen en die Benadés.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’