GEORGE NUUS - Vir sommige George-inwoners is hul weeklikse vullisverwyderingsdag tans die toppunt van opwinding. Willem Botha van Denneoord het reeds 'n paar dae gelede sy pak afgestof en die kleinkinders se speel-keil reggebuig vir die groot geleentheid.
Hy het vroeg Vrydagoggend, 3 April, opgewonde hek toe gesluip en, met slegs een voet oor die grenslyn, sy sakke buite neergesit.
"Hy het vir my selfs meer handsome as op ons troudag gelyk! Ek gaan iets uitdink om hierdie oefeninkie meer gereeld te herhaal,"
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'