Gallery
GEORGE NUUS - Die eerste dag by George Voorbereidingskool het baie goed verloop.
So een of twee traantjies het geloop, maar die ouers en juffrouens het gou ingespring om te troos. 'n Paar ouers het ook 'n skelm traantjie afgevee op pad na hul motor.
Volgens die skoolhoof, Lokkie Fourie, het die jaar baie goed begin. Sy het elke klas gaan besoek en al die gr. 1's is gelukkig en alreeds aan die werk.
Die skool het ongeveer 600 aansoeke vir gr. R en gr. 1 hierdie jaar gekry, maar daar was ongelukkig nie vir almal plek gewees nie. Daar is hierdie jaar 210 gr. 1's, met 30 kinders in 'n klas - sowat vyf meer leerders as in vorige jare.
Volgens Fourie het hulle van die meeste aansoeke in George gekry.
Catherine du Plessis troos haar dogter Danielle op haar eerste dag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'