_68610.jpg)
_27356.jpg)
- Hoe meer 'n vlugteling betaal, hoe veiliger is die reis.
- Vlugtelinge bestuur hul eie rubberboot. 'n Kaptein word aangestel oomblikke voor hul vertrek. Die persoon word gewys hoe die stuur werk, en moet glo net hul oog hou op die liggie (Lesbos) in die verte.
- Vlugtelinge word soms met die dood gedreig as hulle te bang is om die tog in onstui-mige water mee te maak.
- Wanneer die Griekse kuspatrollie vlugtelinge met vuurwapens dreig om hul bootjie om te draai, en terug te beweeg na Turkye, neem hulle 'n selfoonvideo.
- Die patrollie los hulle dan gewoonlik uit, want hulle wil nie in die nuus verskyn waar hulle wapens op vlugtelinge rig nie.
- Dit kos sowat R40 000 vir 'n gesin van vier om met 'n bootjie te vlug. Hulle wag soms dae in 'n skeepsvraghouer voordat hulle binne minute op 'n boot moet klim. Die smokkelaars bepaal wanneer 'n boot kan vertrek.
- Die helfte van Sirië (11 miljoen mense) het reeds uit die land gevlug.
- Die reddingsbaadjies wat vlugtelinge dra word in Turkye vervaardig vir $2 'n baadjie. Dit is onveilig en van geen waarde as 'n kind in die water sou beland nie.