Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die George Ou motorskou 2022 het vanoggend afgeskop. Besoekers het van kort na 8:00 begin opdaag.
Die geleentheid is geopen deur Leon van Wyk, George se burgemeester. Hy het gewys op die belangrikheid van die geleentheid.
Besoekergetalle het kort gelede begin toeneem.
Organiseerders is onderhewig aan streng Covid-19 protokolle en getalle word beperk tot 2000 per tydsgleuf.
Daar is drie tydsgleuwe; 08:00 - 11:00; 11:00 tot 14:00 en 14:00 tot 19:00.
Môre open die hekke om 8:00. Kaartjies kan by die hekke gekoop word.
Alewijn Dippenaar voorsitter van die skou, het gesê daar is sowat 950 voertuie van voor 1975.
Daar is ook onder meer trekkers, 'n biertent, en verversingstalletjies.
Volgens Dippenaar is daar is 'n sprankel in die mense se oë. "Dis duidelik die mense is honger vir so 'n geleentheid."
VIDEO: Eden HTS is in rep en roer met George Ou Motorskou
VIDEO: Mayor Leon van Wyk speaks to George Herald about Old Motor Show
VIDEO: Verbyrit van ou trekkers by Motorskou
Daar is sowat 950 voertuie van voor 1975:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'