GEORGE NUUS - Nie eens die reënweer en rugby kon vanjaar se George Ope Tuine se sukses demp nie.
Die geleentheid het rekordkaartjieverkope aangeteken en die volle opbrengs gaan aan Badisa George Kinder- en Gesinsorg.
Volgens die hooforganiseerder van die geleentheid, Philda Benkenstein, is R19 000 ingesamel.
Besoekers kon 10 uiteenlopende tuine verken wat deur plaaslike tuiniers vir die geleentheid oopgestel is.
Schantel van der Merwe van Vanderfax het ook 'n interessante praatjie oor grondgesondheid gelewer.
Die organiseerders het hul dank uitgespreek teenoor die gasheertuiniers, besoekers en borge wat die geleentheid moontlik gemaak het.
Ludwig's Roses, Fynbosland en Potager Kitchen Gardens & Pottery het borgskappe gelewer, terwyl Cape Garden George afslag aan die gasheertuiniers toegestaan en CAW Signs met drukkoste gehelp het.
Allie Plumb, Alba Weldon en Suzie Gundry was onder die besoekers wat deur die tuine gewandel het. Foto: Melissa du Plooy
Uiteenlopende style tuine was deel van die lieflike aanbieding. Foto: Melissa du Plooy
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’