Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die onderburgermeester van George, Raybin Figland was onder die talle mans wat vanoggend vroue skoene aangetrek het en deelgeneem het aan 'n staptog teen geweld teen vroue en kinders.
Die staptog het kort na 10:00 by die Pacaltsdorp gemeenskapsaal begin en het onder die vaandel van St Albans kerk plaasgevind.
Die gedagte was dat mans hul letterlik en figuurlik in vroue se skoene moet plaas.
Vader Kelvin Frans van die kerk het gesê hulle wil mense bewus maak van die lot van vroue en kinders wat slagoffers is van huishoudelike geweld.
Figland het gesê dat dit belangrik is dat die gemeenskap wys daar is nie plek vir sulke dade in die gemeenskap. "Ons wil letterlik en figuurlik in vroue se spore staan."
VIDEO: Genoeg is genoeg
VIDEO: Onderburgermeester stap saam
VIDEO: Vader Kelvin Frans
Vader Kelvin Frans wys die vroue skoene wat hy aangetrek het.
Hier staan die manne. Van die deelnemers aan vanoggend se optog.
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'