GEORGE NUUS - Mense wat belangstel in die navorsing van familiegeskiedenis kan gerus 'n vergadering van die Suid-Kaapse tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) bywoon.
Die GGSA hou volgende Woensdag, 17 Maart, vergadering. Dit vind om 14:00 by die George-museum plaas en daar gaan onder meer gesels word oor navorsing wat lede van die tak doen oor hulle familiegeskiedenis.
Die voorsitter van die Suid-Kaapse tak van die GGSA, Abrie de Swardt, sal ook terugvoer gee aan lede oor die gebeure van die nasionale algemene jaarvergadering van die Genootskap, wat op 13 en 14 Maart in Vanderbijlpark in Gauteng plaasvind. De Swardt gaan die vergadering bywoon.
Volgens De Swardt beplan die Suid-Kaapse tak verskeie interessante belewenisse vir sy lede gedurende die jaar in noue samewerking met die Vriende van die George Museum.
Vir meer inligting stuur 'n e-pos aan abriejdeswardt@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'