GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp Ekumeniese Forum in samewerking met die Pacaltsdorp-traumaberadingsaksie beplan 'n gedenkseremonie ter herinnering aan diegene wat tydens die Covid-19-pandemie sedert Maart 2020 tot op hede gesterf het.
Die geleentheid word beplan vir Saterdag 20 November om 14:00.
Gemeenskapslede van Pacaltsdorp wat sterftes van enige aard tydens hierdie periode beleef het, word uitgenooi om die geleentheid by te woon.
Belangstellendes word vriendelik versoek om bywoning te bevestig voor of op 5 November by die AGS-kerkkantoor by 044 878 0755, Marina Tiger by 079 517 2011 of u plaaslike gemeenteleier.
Die plek sal dan ook bevestig word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'