Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Inwoners van verskillende denominasies het vanoggend by Eenheidspark in Yorkstraat bymekaargekom. Die mense is deur verskeie WhatsApp-groepe daarheen genooi en voel dit was presies wat hulle nodig gehad het - om die Woord te hoor.
Diegene wat die byeenkoms bygewoon het, het steeds sosiale afstand toegepas, elk met ’n masker.
Germaine Leonard ‘n onderwyser van Hoërskool George het ook die byeenkoms saam met sy broer, Levy Leanard, bygewoon.
Pastoor Hilton Langeveld, wat een van die sprekers was, sê "mense moet nie die Alpha en Omega vergeet net omdat ons in die grendeltyd verkeer nie".
“Die gebedsuitstappie vandag is op die oomblik baie nodig,” sê Langeveld.
Die groep mense het eers geluister na verskeie sprekers wat die Woord gebring het en daarna het hulle van Eenheidspark tot by die munisipale gebou gestap.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'