Gallery
GEORGE NUUS - Die hoogtepunte van die Garden Route-eisteddfod is verlede naweek op 'n gepaste wyse gevier - met 'n groot galakonsert in die George-burgersentrum.
Die klank en beligting van die aand het mense gaande gehad, en die talent was uit die boonste rakke.
"Ons het ongelooflike terugvoer van ouers en toeskouers ontvang," het een van die organiseerders, Lizette Gerber, gesê. Die eisteddfod het vanjaar altesaam 2 500 inskrywings oor ses kategorieë ontvang: kreatiewe skryfwerk, dans, visuele kuns, drama en vir musiek, vokaal en instrumentaal.
"Ons voel so geseënd om met die kinders te werk. Ons is werklik oorweldig met die talent en hulle groei van verlede jaar tot nou," het Gerber gesê.
Die prysuitdeling vind die naweek van 23 September by die George-burgersentrum plaas.
FOTOGALERY: Galakonsert in die George-burgersentrum
Puppets van Motion Art Studio.
Kreatiewe skryfwerk
Eerskomende Vrydag 15 September kan belangstellendes die gala-aand vir kreatiewe skryfwerk by Cornerstone Creek in Wilderness bywoon, met voorlesings deur Koos van der Merwe.
Die topinskrywings is op die kulturele spyskaart.
Kaartjies kos R150 per persoon en kan deur Quicket bespreek word. Deure open om 16:30, die geleentheid begin om 18:30. 'n Kontantkroeg is beskikbaar.
'Skottelgoed is gevaarlik' deur Laerskool George-Suid se spreekkoor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’