GEORGE NEWS - Nog 'n heerlike aktiwiteit om aan te pak in die vakansie is 'n tandem paraglide of hang glide. Dis awesome en behoort definitief op jou toptien goed om te doen dié vakansie.
Kinders vanaf ouderdom vyf kan deelneem in hierdie fun activity. Vlieg soos 'n voëltjie sonder 'n care in the world.
Geniet die uitsig bo Wilderness se Kaart van Afrika of vlieg strandlangs na Kleinkrantz. Afhangende van hoe die wind waai moet jy dalk tot by Sedgefield ry.
Hier gaan dit werklik oor the winds of change, maar hoe dit ook al sy. Dié is definitely een van die coolste goed wat jy in jou lewe gaan doen.
Daar is 'n hele paar paragliding en hang gliding-skole in die area en almal gebruik dieselfde launch sites. Waarvandaan jy vlieg hang slegs af van die weersomstandighede en windrigting.
Skole in die omgewing:
• Cloudbase Paragliding
• FlyTime Paragliding
• SA Paragliding
• Wild2Fly Hang and Paragliding School
Tips: Onthou sonskerm en 'n hoed. Soms moet jy wag vir die windsterkte en rigting om nét reg te wees. Pak maar ietsie in om te eet. 'n Piekniekmandjie is NIE 'n slegte idee nie. Neem 'n kombers saam om op te sit, want die sites het nie altyd sitplek nie. Neem maar toiletpapier saam indien die nood druk. Hou in gedagte nie al die sites het ablusiegeriewe nie so dis maar beter om te voor die tyd te doen wat jy moet. Bring water en/of koeldrank. Moenie jou kamera vergeet nie en onthou om 'n warmding saam te bring. Dit kan soms koud raak in die lug.
Meeste van die launch sites laat honde toe, maar dis beter om eers met die betrokke skole te bevestig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'