Update
GEORGE NUUS - Die huidige George Erfenisinventaris maak wel voorsiening vir Pacaltsdorp, maar dit is minimaal, sê Henry Paine, voorsitter van die George Erfenistrust.
Hy het by navraag kommentaar gelewer oor 'n verklaring van die George-munisipaliteit na aanleiding van 'n berig in George Herald.
In die berig is dit gestel dat in die huidige George Erfenisinventaris nie voorsiening gemaak is vir Pacaltsdorp nie. Die George-munisipaliteit het in 'n verklaring daarop gewys dat Pacaltsdorp wel ingesluit is in die huidige inventaris.
Dit het onlangs tydens die George Erfenistrust se algemene jaarvergadering bekend geword dat die instansie gaan help om 'n inventaris vir Pacaltsdorp op te stel.
'n Paar jaar gelede is die huidige inventaris aanvanklik verwerp, maar later met streng voorwaardes goedgekeur.
Tydens 'n inligtingsessie van die George Erfenistrust op 21 Februarie verlede jaar is kwaai kritiek uitgespreek oor die huidige inventaris. So 'n inventaris moet ingevolge die Erfeniswet van 1999 tot stand kom en die plaaslike owerheid is daarvoor verantwoordelik. Die inventaris word as die basis vir ingeligte besluite beskou.
Delia Power, waarnemende direkteur: beplanning van George- munisipaliteit, het verlede Donderdag, 20 Febuarie, aan George Herald gesê die huidige inventaris is in April/Mei 2016 goedgekeur. Wes-Kaap Erfenis het dit goedgekeur onderworpe aan streng voorwaardes.
Volgens haar is een van die probleme met die huidige inventaris dat enkele eiendomme nie die regte gradering ontvang het nie. Dit wil ook voorkom of enkele eiendomme uitgelaat is. Voorts is 'n groot leemte dat dit suiwer op "building heritage" gefokus het. Kulturele erfenis is nie onder die loep geneem nie.
Delia Power, waarnemende direkteur: beplanning, George-munisipaliteit.
Foto's: Eugene Gunning
Die George-munisipaliteit pas die huidige inventaris wel toe. "Ons raadpleeg hom wanneer ons bouplanne evalueer of wat ook al, maar ons doen dit met 'n knippie sout. Ons gaan kyk na rekords en ou lugfoto's." As daar twyfel is oor die inligting daarin, word die hulp van erfeniskundiges gevra. Dis van toepassing op die hele studiegebied en nie net Pacaltsdorp nie.
Paine het Maandag gesê geen poging is in die huidige inventaris aangewend om die geskiedenis en sosiale bydrae van Pacaltsdorp te probeer verstaan nie.
"Dit is van geen waarde nie. Dit is eintlik gevaarlik, want dit skep die indruk dat die werk gedoen is, terwyl dit eindelik nie gebeur het nie.
"Dit is die fundamentele rede waarom ons weer begin het om die nuutste projek aan te pak."
Hy het benadruk dat elke moontlike poging aangewend sal word om die gemeenskap by die projek te betrek.
Delia Power, acting director Planning and Development of the George municipality, said the current heritage inventory does include Pacaltsdorp. In a statement that was released by the communications departement on her behalf she said: "The challenges with the grading that was applied and concerns regarding accuracy applies to the entire inventory. The inventory also only addresses built heritage and the municipal Planning and Development Department is working on a strategy to supplement the cultural and natural heritage components along with correcting the built asset inventory." Henry Paine, chairperson of the George Heritagetrust, said it is true that Pacaltsdorp, is included, but is minimal. It is of no use. It is actually dangerous because it gives the impression that job has been done, but it hasn't.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'