GEORGE NUUS - Die Emmaüs Beskermde Werksentrum hou op Vrydag 6 Junie hulle jaarlikse Wintermark op hul perseel in Memoriamstraat.
Dit beloof om 'n heerlike oggend vol interessante aankope en lekker kos te wees. Die mark open om 09:00 en loop om 15:00 ten einde.
Behalwe vir die hout- en handwerkartikels waarvoor Emmaüs bekendstaan, sal daar ook tweedehandse klere en boeke verkoop word.
Interessante en lekker kosse sluit in pannekoek, kolwyntjies, kerrie-en-rys, kerrievetkoek, worsbroodjies asook heerlike Emmaüs-sop. Filterkoffie, tee en vrugtesap kan ook geniet word.
Mense wat in grootmaat wil bestel, kan vooraf hulle bestellings plaas en dit kan ook as wegneemetes geneem word. Skakel hulle by 044 873 4196.
Help Emmaüs in die belangrike werk wat hulle doen deur hierdie gesellige geleentheid te ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’