GEORGE NUUS - Tuiniqua-versorgingsentrum in George het ’n nuwe Defy-mini-oond ontvang danksy ’n skenking van HiFiCorp George.
Wynand Nel, takbestuurder van HiFiCorp George, het die oond aan inwoner Elna Stander, 'n kranige bakster, oorhandig.
Stander is bekend daarvoor dat sy jaar nà jaar die heerlikste koeke, tertjies en ander soet en sout gebak vir Tuiniqua se basaar voorberei.
Volgens Alani Voigt, sentrumbestuurder, is die skenking ’n groot hulp, veral met hulle belangrikste fondsinsamelingsgeleentheid om die draai.
“Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan Wynand Nel en HiFiCorp George vir hierdie waardevolle skenking.
"Elna se vorige oond het al beter dae gesien, maar sy het steeds met soveel toewyding aangehou bak. Met hierdie nuwe oond kan sy nou uitsien daarna om nog baie jare vir Tuiniqua te bak en ons gemeenskap te bederf.”
Die Tuiniqua-basaar vind vanjaar op Saterdag 31 Oktober by die sentrum plaas en begin om 09:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’