GEORGE NUUS - Die matriekleerder Karla van Niekerk het vanjaar haar intermediêre danseksamen in Oktober met onderskeiding (86%) geslaag.
Karla dans die Spring Fairy-hoofrol in die balletproduksie Seasons van Balare School of Ballet, wat hierdie naweek by die George-kunsteteater aangebied word.
Sy is ook een van die hoofdansers in die laaste verhoogitem, Christmas Candy Cane in Winter.
Al 55 studente van Corlia Lewitton wat aan die vertoning deelneem het hul eksamens met onderskeiding geslaag.
Die studio het ook 'n 100% slaagsyfer behaal.
Vertonings vind plaas op Vrydag 11 November (19:00) en Saterdag 12 November (15:00 en 19:00). Kaartjies kos R120 (volwassenes) en R70 (kinders onder 12) en is beskikbaar by Computicket of by die teater.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'