Update
GEORGE NUUS - Die moordverdagte van New Dawn Park, Jack Claassen (47), verskyn weer op 26 Maart in die George-landdroshof in verband met sy vrou, Katie (43), se moord. Hy het haar na bewering met 'n betonlatei (lintel) doodgeslaan.
Volgens die polisie het die moord omstreeks 21:00 op Saterdag 2 Maart by die paartjie se huis in Sierriestraat plaasgevind.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die voorlopige ondersoek toon dat die verdagte en sy vrou in hul tuin gesit het toe hulle begin baklei het.
"Sy het 'n oop wond aan die linkerkant van haar kop gehad. Die slag het glo haar onmiddellike dood veroorsaak. Paramedici was vinnig op die toneel. Hulle het haar dood verklaar," het Pojie gesê.
Claassen bly in aanhouding.
Lees vorige artikels hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'