GEORGE NUUS - Parkdene Primêr se eerste dag het goed verloop, hoewel beurtkrag die laat inskrywings tot 'n mate vertraag het, volgens die hoof, Minette Stoffels.
"Ons is vir die eerste keer na drie jaar weer voltallig. Een van die skool se grootste uitdagings is oorvol klasse. Ons het ses klasse met 36 graadeens elk, dieselfde as verlede jaar. Ons kan nie die klasse nog groter maak in die kinders se eerste skooljaar nie."
Sy sê beurtkrag gaan 'n groot uitdaging wees aangesien lesse met behulp van tegnologiese hulpmiddels aangebied word.
Juffrou Mursia Apollis van Parkdene Primêr saam met twee van haar nuwe graadeens, Faith Christians (links) en Shanodine Botha.
Juffrou Elmarie Heath verwelkom Ellie-Lainne Reyners (links) en Rossay Pieterse in haar gr. 1-klas by Parkdene Primêr. Foto: Danielle Roetz
Opgewonde graadeens by hul juffrou, Candice Pieterse. Van links is Memphis-Tate Mesmatte, Faithlynne Dyssel, Lamiah de Bruyn en Jeandre Fielies. Foto: Danielle Roetz
Juffrou Jacinda Louw van Parkdene Primêr steel die harte van haar leerders sommer vinnig. Voor by haar sit Chrischan Muller wat 10 minute voor hierdie foto geneem is, in trane was. Regs voor is Mikaylin Kapank. Foto: Danielle Roetz
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'