TUINROETE NUUS - Die Tuinroete-cliviaklub bied vir die heel eerste keer 'n cliviavertoning en -verkope in Reebok aan.
Dit vind Saterdag 8 Oktober vanaf 09:00 tot 15:00 in die Reebok-gemeenskapsaal op die hoek van Koedoe- en De Jagerstrate plaas.
Klublede gaan plante inskryf vir die vertoning en lede van die publiek gaan die geleentheid kry om vir hul gunsteling plante te stem.
Plante en sade gaan ook te koop aangebied word en hierdie is 'n goeie geleentheid om kwaliteit plante teen billike pryse te bekom.
Lede sal ook beskikbaar wees om vrae te beantwoord, hetsy oor bestuiwing, siektes, bemesting of wat ook al. Daar sal ook geleentheid wees om meer van die cliviaklub te leer en aan te sluit.
Toegangsfooi beloop R10 per persoon wat 'n lootjie insluit vir 'n baie mooi clivia.
Foto: Unsplash
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'