GEORGE NUUS - Twee mans is vroeër vanaand in die kloof tussen Rosedale en Thembalethu geskiet. Albei is per ambulans na die hospitaal vervoer.
Volgens inligting is een van die mans met verskeie skietwonde in Rebeccastraat in Rosedale aangetref waar hy inmekaar gesak het. 'n Tweede man is in die kloof met 'n skietwond aan sy been gekry.
Kort voor die skietery van die twee mans in die kloof is 'n derde man in Tabatastraat in Zone 9 in Thembalethu doodgeskiet.
Dit is in die stadium onduidelik of die skietvoorvalle met mekaar verband hou.
Kapt Malcolm Pojie sê verskeie polisielede is na die area ontplooi en is hulle op soek na die verdagtes.
Klapgeluide is weer later in die area gehoor, maar die polisie kon nie bevestig of dit skote is wat afgevuur is nie.
Luister na Kaptein Malcolm Pojie.
Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar word.
Die polisie is op die toneel.
Kapt Malcolm Pojie sê verskeie polisielede is na die area ontplooi en is hulle op soek na die verdagtes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'