Update
TUINROETE NUUS - Regter Mark Sher het die veroordeelde dubbele-moordenaar, Stephen Lekoro (29), vir die grusame moord op Tewie Human (72) en sy 62-jarige vrou, Eurika vandag twee lewenslange vonnisse in die rondgaande hooggeregshof op Mosselbaai opgelê.
Die Humans is in Junie 2016 in hul woning in Groot-Brakrivier vermoor.
Wat die twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede betref, het Sher van die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar afgewyk en gesê hoewel Lekoro lewenslange tronkstraf sal uitdien, ander mense wat dieselfde will doen, moet weet dat die howe moeg word vir die brutale roof van bejaarde mense in die samelewing.
Sher het Lekoro tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die roof op mnr Human en 18 jaar gevangenisstraf vir die roof op mevrou Human. Sher het gesê hul moord is koelbloedig en vooraf beplan.
Hy het gesê die hof kan niks doen aan die skade wat Lekoro aan die Human-familie aangerig het nie, maar het gese die hof kan wel een ding doen, en dit is om seker te maak dat Lekoro uit die samelewing verwyder word.
Sher het senior staatsadvokaat Lenro Badenhorst vir sy werk geprys omdat dit Badenhorts was wat aanbeveel het dat 'n skootrekenaar en selfoon wat die polisie in Lekoro se besit gevind het, ontleed word.
Sher het gesê dit was die getuienis wat die hof gehelp het om tot sy belissing te kom.
Eurika en Tewie Human.
Lees vorige artikels:
- Double murder accused sentenced
- Human moordenaar 4 keer skuldig
- Double murder accused found guilty
- Slotbetoë in moordsaak gelewer
- Moordverdagte sukkel om vrae te beantwoord
- Moordverdagte trap klei in hof
- Moordverdagte begin getuienis
- Deurslaggewende getuienis in Humansaak
- Veroordeelde moordenaar gekruisondervra
- Veroordeelde moordenaar getuig vandag teen vriend
- Gru besonderhede oor moord op Humans
- Staat roep die eerste getuies
- Polisiebeampte wat eerste op moordtoneel kom getuig
- Getuie ken verdagte op foto's uit
- Humans het glo oor verdagte gestry
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'