Lede van die openbare orde polisie (Pops) het omstreeks 02:30 op Sondagoggend, 16 Desember, 'n noue ontkoming op die N2 tussen Groot-Brakrivier en Glentana gehad toe 'n motoris wat onder die invloed van alkohol was, van voor in hulle vasgery het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die verdagte, wat uit die rigting van Mosselbaai gekom het, in die aankomende baan beland en met die Pops-voertuig, wat op pad na Mosselbaai was, gebots.
Die drie Pops-lede is na die Mediclinic George vervoer waar hulle vir ligte beserings behandel is. Die bestuurder van die motor het veelvuldige beserings opgedoen en is na die George-hospitaal geneem. Hy staar 'n aanklag van roekelose en/of nalatige bestuur, asook 'n aanklag van dronkbestuur, in die gesig.
* The driver of a Toyota Yaris has been charged with reckless and / or negligent driving, and also faces a charge of driving under the influence of alcohol, after he drove into an oncoming Pops (Public Order Police) vehicle on the N2. The accident happened between Glentana and Great Brak River in the early hours of Sunday morning. Three Pops members were treated for minor injuries at Mediclinic George, while the driver of the Yaris suffered multiple injuries and was taken to George Hospital.
Die bestuurder van 'n wit Toyota Yaris is Sondagoggend omstreeks 02:30 in hegtenis geneem na hy 'n motorongeluk op die N2 veroorsaak het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'