Update
GEORGE NUUS - "Dit gaan beter met ons president. Sjoe, ons dank almal vir die gebede wat uitgaan." Dit was gisteroggend die boodskap van Icosa se woordvoerder, Dawid Kamfer, oor die toestand van hul leier, Jeffrey Donson, wat tans in Mediclinic George se hoësorgeenheid vir Covid-19 behandel word.
Kamfer het vroeër vandeesweek gevra dat almal Donson en sy familie in hul gebede hou. Donson is 'n week gelede vanaf Ladismith na Mediclinic George oorgeplaas. Kamfer het sy toestand beskryf as ''ernstig maar stabiel".
"Dankie vir die gebede en boodskappe van mense, kerkleiers en leiers vanoor die land," het Kamfer gesê. Hy doen 'n beroep op almal wat met Donson in aanraking gekom het om hulle vir Covid-19 te laat toets.
Vorige artikel: 'Bid vir ons President': ICOSA
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'