Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Ds. Francois Mulder van NG Kerk Blanco-gemeente is Sondagoggend skuins voor tienuur deur 'n nonnetjiesuil verras terwyl hy die kerktoring uitklim.
Mulder was op pad om die klok te lui met die aankondiging van Paassondag.
"Ek en die uil het 'n bietjie geskrik toe ons mekaar gewaar," het Mulder gesê. Sy seun, Roshai het gesê die uiltjie moet eerder die klok in die vervolg lui: "Sy is klaar opgelei vir die pos aangesien sy 'n non is," het hy gesê.
Die einste uil, ma van ses eiers in haar toringnes, het later daardie aand die alarm by die kerk geaktiveer toe sy haar vlerke oor die kerkbanke oopgesprei en in die gebou rondgevlieg het.
Mulder kon gelukkig daarin slaag om ma-uil en haar eiers weer te herenig.
Kyk 'n video hieronder
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'