GEORGE NUUS - Dit gons oor die gewoel en gewerskaf by die ingang van Victoriabaai. Grondverskuiwingswerk, wat laat verlede week by die ingang begin is, is intussen afgehandel.
Die gewilde strandoord was die afgelope tyd in die nuus nadat van die gedenkstene, kissies en kruise by die suidwestelike punt verwyder is.
Neil Schalkwyk, voorsitter van die inwonersvereniging, het by navraag gesê amptenare van beide die Garden Route-distriksmunisipaliteit en George-munisipaliteit is bewus van wat daar gebeur. Benewens die inwoners het dit ook glo die steun van die gemeenskap soos branderplankryers wat die oord besoek.
Dit was 'n hoop ou bourommel en oor die jare het gras daaroor gegroei.
Die tweede stap is 'n geplaveide sypaadjie gestremdvriendelik en veilig vir kinders sal wees. Volgens Schalkwyk word gepoog om wetstoepassing in plek te kry. Dit sal beteken dat geen drank toegelaat word nie.
Hy het benadruk dat daar geen toegangsbeheer sal wees nie, maar mense met drank sal nie toegelaat word nie.
Die langtermyn plan is om blouvlagstatus vir die strand te kry.
Die grondverskuiwingswerke by die ingang van Victoriabaai wat verlede week plaasgevind het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'