Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - EFF-LP en inwoner van George, Virgill Gericke, het vanmiddag vinnig uit die Kaap 'n draai in George kom maak om sy spesiale stem uit te bring.
Gericke sê hy het vanoggend uitgevind dat alhoewel hy geregistreer was om volgens Artikel 24A van die kieswet môre, 29 Mei, in Belhar te stem, sy naam nie op die stelsel geregistreer was nie. Sy naam is wel op die lys vir spesiale stemme opgespoor, maar om hier in George te stem en moes hy hom inderhaas na George haas.
Hy het kort na 16:00 by die Eagle's Nest Ministries-stemlokaal in Delville Park aangekom en is onmiddelik in om sy kruisie te gaan trek.
Buite het hy opgewonde gesê, "dit voel sommer baie lekker".
"Dit voel amper soos 1994. Dis 30 jaar later in ons demokrasie en ons stem nou vir 'n nuwe begin. Ons hoop om 'n totale nuwe verandering te bring en ons mense se omstandighede en die kwaliteit van hulle lewens te verbeter."
Gericke het onmiddelik weer in die pad geval terug Kaapstad toe waar hy deur sy party ontplooi is.
VIDEO - Virgill Gericke gesels met George Herald oor die verkiesing:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’