Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar heers 'n karnaval atmosfeer by die Erfenisfees/Heritage Festival wat gister by die George skougronde begin het.
Dit is vandag voortgesit en word môre afgesluit met 'n Gospel Sunday. Die organiseerders, Max Modise en Corne Botha het vanmiddag hul tevredenheid met die verloop van die fees uitgespreek.
Vanmiddag en vanaand is die fokus op musiek en verskeie kunstenaars neem deel. Besoekers is welkom.
Môre se verrigtinge begin om 10:00 en hou tot 14:00 aan. Dit is die eerste keer dat die fees vanjaar aangebied word.
Volgens die organiseerders is die terugvoering wat hulle kry goed en die plan is om dit weer aanstaande jaar aan te bied.
VIDEO: Dit kook by Erfenisfees
Besoekers aan die Erfenisfees kuier te heerlik saam. Die fokus vanmiddag en vanaand is op musiek. Daar is ook 'n groot tv-skerm waar die Springbokke se toets gevolg kan word.
Die organiseerders Max Modise en Corne Botha by een van die stalletjiehouers en kunstenaars, Thanduxolo Juta.
Vorige artikel: Cultural explosion expected at Heritage Festival
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'