GEORGE - Brandbestryders was Dinsdagoggend druk besig om ‘n dieselstorting van etlike kilometers met ‘n spesiale sandmengsel te behandel nadat ‘n vragmotor op die N2 onderweg van Glentana na die lughawe-afrit ‘n lekkasie in sy dieseltenk ondervind het.
Die vragmotor-bestuurder het eers ‘n probleem opgemerk nadat die voertuig sonder diesel gaan staan het. Volgens die brandbestryders, Denver Moses en Khuthala Gwegwe, het ‘n metaalvoorwerp ‘n gat in die dieseltenk geslaan nadat die bewegende vragmotor oor die voorwerp gery het. Die diesel versprei egter vinnig met die reën en die werkers moes spring om die padoppervlak te beveilig vir motoriste.
Foto: Michelle Pienaar