GEOIRGE NUUS - Die Kaart van Afrika is een van die coolste goed om in die George-omgewing te sien.
Die wêreldbekende landmark in Wildernishoogte is ongeveer 15 km van George af in die rigting na Knysna.
Die uitsigpunt wat afkyk op die Kaart van Afrika (Map of Africa) is 'n gesogte launch site vir hang-gliders en paragliders. Die groot grasperk bied ook 'n wonderlike piekniekplek vir die hele gesin. Troeteldiere is ook welkom indien hulle hulself gedra natuurlik.
So as jy lus is om die familie uit te vat vir 'n piekniek met 'n baie nice view, is dié net vir jou. Die helder en kleurvolle paragliders maak 'n beautiful prentjie teen die blou lug.
Die laaste stuk na die uitsigpunt is grondpad, maar dit word baie goed onderhou. Hou in gedagte dat dit 'n baie gewilde viewpoint is en oor naweke word 'n lang ry motors langs die pad geparkeer.
Die Map, soos hy onder locals bekendstaan, is 'n skouspelagtige landskap van berge en woude. Dit is ongelooflik hoe die natuur hierdie 'kaart' van Afrika gevorm het.
Tips: Dis 'n ent uit die dorp uit, so maak seker al jou goodies is in jou piekniekmandjie. Onthou natuurlik sonskerm, 'n hoed, stoele, komberse en jou kamera. Kinders en troeteldiere is welkom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'