GEORGE NUUS - Die geliefde Suid-Afrikaanse polisiespeurder Bennie Griessel gaan weereens sy opwagting maak in die bekroonde skrywer en rolprentverwaardiger Deon Meyer se volgende boek "Die Vrou met die Blou Mantel" oftewel "The Woman in the Blue Cape".
Griessel en Cupido moet die geheim van die gebleikte liggaam ontrafel in die spanningsverhaal.
Die bobaas spanningsverhaalskrywer was verlede week Woensdag teenwoordig by 'n spesiale Valentynsonthaal gehou deur Aramex South Africa by Bay Leaf Restaurant in George.
Die aantreklike akteur Tim Theron wat in die aksiebelaaide Jagveld 'n rol vertolk het - was ook daar.
Zumaprobleme
Meyer het by navraag gesê dat die huidige onstuimige politieke gebeurtenisse met die onttroning van Zuma, 'n moontlike kabinetskommeling en die uittog van die Guptas - kan nie maklik verwoord word in een van sy novelle nie - aangesien dit te bisarre klink om waar te kan wees.
Hy het geglimlag "The truth is stranger than fiction" en dus om geloofwaardigheid te behou moet skrywers 'n verhaal of scenarios kies wat oortuigend klink.
"Meyer het egter toegegee dat 'n speurverhaal wat handel oor die opsporing van die miljoene Rande wat uit ons land verdwyn het - 'n boeiende verhaal sal wees.
George as filmsentrum
Gevra of hy meriete sien in George se strewe daarna om naas Kaapstad die tweedegrootste hoofssentrum in die Weskaap (naas Kaapstad) te wees waarnatoe rolprentmakers sal stroom om hul rolprente te vervaardig - het Meyer geantwoord dat as 'n voltydse persoon aangestel word by die filmkantoor van die Eden Distriksmunisipaliteit - die persoon beslis baie bemarking sal moet doen om dit te bewerkstellig aangesien Kaapstad steeds stewig gevestig is as 'n gunsteling rolprentmakershoofkwartier.
Meyer rolprente
Terwyl Meyer met akteur Tim Theron gesels het, het hy dit laat glip dat daar tans druk onderhandel word met kykNET om 'n film te maak.
Hulle wouegter verder niks onthul nie.
'n Mens kan wel aanvaar dat een van Meyer se spanningsverhale dalk gebruik sal word.
Theron het 'n rol gespeel as prooi in die omgekeerde rolle met 'n vrouejagter (Leandie du Randt) in Jagveld. Dit is 'n spanningsaksierolprent waarvan die draaiboek geskryf is deur Deon Meyer. In 2017 het die film Hunting Emma sy verskyning gemaak.
TV-reeks
Meyer se manuskrif Dead Before Dying is in 2016 in 'n internasionale TV-reeks omskep en reeds in 2003 het Meyer sy debut gemaak as rolprentvervaardiger en direkteur met Die Laaste Tango.
Personeellede en gaste het die onthaal terdeë geniet.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'