Gallery
GEORGE NUUS - Laerskool Delvillepark verwelkom vyf stampvol gr. 1-klasse vanjaar, met sowat 42 kinders per klaskamer.
Skoolhoof Robert Grootboom het bevestig dat hulle skool daaraan gewoond is om met groot getalle leerders te werk.
"Die behoefte is so groot en 'n mens kan niemand wegwys nie," het hy gesê. Volgens Grootboom beplan ouers deesdae baie beter en ondervind die skool bitter min ouers wat op die laaste nippertjie, of die eerste skooldag, kom aanmeld vir plek.
FOTOGALERY: Delvillepark graadeens
Sy boodskap aan die nuwelinge vanjaar is die volgende: "Geniet die skooljaar en maak die beste daarvan. Gryp alle geleenthede aan en moenie dat enigiets jou aandag van die belangrikste ding in jou lewe wegneem nie, naamlik jou opvoeding. Bly positief."
Grootboom bedank die ouers dat hulle hul kinders aan die skool toevertrou: "Ons hoop op jul ondersteuning en om 'n positiwiteit rondom die skool en skoolwerk by die huis te kweek."
Sibabalo Marwanqana (links) en Lelo Mkentana is opgewonde oor hul eerste skooldag by Laerskool Delvillepark.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'