GEORGE NUUS - Dellville Park Primêr se skoolhoof, Robert Grootboom, sê kwaliteit onderwys is nie onderhandelbaar nie, al sit hulle ook met oorvol klasse.
Hy het vanjaar 210 nuwe graadeens in een Engelse klas en vier Afrikaanse klasse.
"Ons probeer steeds kinders akkommodeer. Ons wil nie graag kinders wegwys nie, maar kan nie met oorvol klasse sit nie."
Daar is 40 tot 42 kinders in 'n klas. Kinders wat hulle nie kan akkommodeer nie sal na die distrik verwys word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'